Lisa Katzke

Lisa Katzke is Johan Vorster Songs se nuutste aanwins. Uit dieselfde kamp wat vir jou Karlien van Jaarsveld en Lianie May gebring het, is almal aan die gons oor Lisa Katzke wat met haar engel stem en semi-klassieke pop melodieë die land se harte gaan warm sing.

Die eerste enkelsnit vanaf die album ‘Die liefde maak seer’, is reeds op verskeie radiostasies se speellyste. Die boodskap van die lied handel oor hoe seer liefde die kan maak maar ten spyte hiervan sal ons aanhou probeer en nooit sal opgee met die wonderlike hoop dat ware liefde bestaan nie. Met opvolgsnitte soos ‘Met een kyk’, ‘Liewer alleen’, ‘Die pad wat ek moet stap’, ‘Bly by jou’ en ‘My hart my kind’ bewys die album sy diepte en oorspronklikheid.

Die duet saam met Jannie Moolman ‘Sneeu in my hart’ is alreeds ‘n gunsteling en die duet paar bewys hoe goed hul stemme mekaar komplimenteer.

Lisa het  baie sterk musikale teater agtergrond en opleiding en met ou bekendes soos  ‘All the things you are’, ‘Heaven help my heart’, ‘Broken vow’, ‘On my own’ en ‘La vie en Rose’ wys sy al die musikale kwaliteite in haar arsenaal.  Suid-Afrika se eie Sarah Brightman.

Oorspronklike snitte op die album is hoofsaaklik geskryf deur Johan Vorster, wat ook die album vervaardig het.  Lisa Katzke het met haar debuut album ook bewys dat sy ‘n waardevolle bydrae kan lewer met die pen. Van die land se top musikante en vervaardigers het op die album gewerk, name soos Robin Kielly, Juan Floors Oosthuizen, Deveroux vd hoven, Sean Manley. Album gemeester deur die beste oor in Suid–Afrika Arnold Coleske. Met styl het bekende fotograaf en video vervaardiger Clinton Lubbe gesorg dat Lisa Katzke se beeld een is van elegansie en sjarme.

“Met een kyk” sal Lisa Katzke jou betower, maar met slegs een noot sal sy jou hart verower!

http://www.youtube.com/watch?v=e3Olz44NZbE